Ek het gedink om ‘n paar dinge in hierdie nuusbrief te sit sodat ons almal beter kan
verstaan wat ons by die skerm doen. Eerstens wil ek net onder almal se aandag
bring dat my spelling suig. Ek is ‘n groot voorstander en gebruiker van “Spell-check”
en glo dis die beste ding sedert gekookte water. Dis net jammer ek het nie ‘n afri-
kaanse een nie, so vergeet daarvan dat julle dalk ooit ‘n spelfoutlose weergawe
gaan sien.
Ons kleuters
Wie is hulle. Wel dis van ouderdom 4 tot +- 9. Ek kan nie ‘n presiese ouderdom
opsit nie want kinders verskil van mekaar in hulle ontwikkeling. Ek ondersky tussen
kleuters en beginners in dat kleuters nog nie die nodige hand/oog kordinassie het
wat ‘n persoon van 9+ het nie. Gevolglik kan dieselfde oefeninge nie gedoen work
met ‘n 6 jare as met ‘n 16 jarige nie. Die leerpyl is ook ver van mekaar af. Daar kom
egter ‘n tyd vanneer ‘n kleuter gesien moet work as ‘n beginner. Wanneer hierdie
tyd aanbreek moet die ouers daarvan bewus wees dat hul kinders die nodige toe-
rusting sal moet aanskaf. Wanneer is hierdie tyd. Dis wanneer die afrigter so bes-
luit. As ‘n reel is die internationale standard vir wanneer kinders ernstig kan begin
skerm +-9 Jaar oud.
Enige iets voor die ouderdom moet eerder gesien word as ‘n aktiviteitsklas vir die
ontwikkeling van hand/oog kordinasie en dissepline.
Mens moet onthou dat jy jou kind na ‘n klas soos
“Mothers for miracles” kan stuur waar hulle ook hand/
oog kordinasie leer ens. Maar op die ou einde van die
dag leer die kinders in skerm ‘n klassieke sport wat
uniek is. Dit prent in die konfrontasie tussen twee per-
sone en die strategiese denke daarin betrokke. Fisiese
vrese moet oorkom word en die kind moet homself dryf
verby hierdie kognetiewe struwelinge terwyl hy/sy met ’n
plan moet skerm. Noem dit ’n inlywing tot die realiteite
van ons wereld.
Ja, ek weet daar is baie spel foute…..
Hoe dinge werk….deesdae.
Jan/Feb 2006
In hierdie uitgawe:
• Klas program
• Pryslys van ons nuwe toerusting
• Jaarprogram
• Hoe dinge werk
• Ek is seker ek het nog ‘n paar dinge ingegooi...
Program
2
Pryslys
3
Kalender
4
Yskas!
4
In hierdie uitgawe
momo